SPESIALE AANBIEDINGE
TERME & VOORWAARDES
• Alle kwotasies moet skriftelik aanvaar word.
• Projekte word gedoen op `n “first come, first serve” basis.
• Slegs geldig vir projekte van R25 000 BTW uitgesluit en hoër behalwe op student woonstelle waar die minimum bedrag R10 000 BTW uitgesluit is.
• Afslag is slegs van toepassing op die betrokke promosie item indien die kwotasie uit verskeie items/afdelings bestaan.
BETALING TERMES
• Die kwotasie is geldig vir 7 dae na datum van uitreik;
Die kliënt kom ooreen om as volg te betaal –
‘n deposito van 75% om te projek/werk te bevestig en die balans moet betaal word nie later as 7 dae nadat die projek voltooi is. Rente van 2% per maand sal gehef word op alle uitstaande bedrae.
• Materiaal word aangekoop voor die aanvang van die projek. Die kliënt kom dus ooreen dat die maatskappy die deposito mag gebruik om materiaal aan te skaf soos benodig vir die projek. Indien enige bedrag/faktuur onbetaald bly vir 7 (sewe) dae nadat dienste gelewer is, word die kliënt geag kontrakbreuk te pleeg. Die maatskappy mag dan alle werk onmiddelik staak en materiaal van die perseel verwyder en verdere regstappe neem om sodoende alle gelde te verhaal.
KANSELLASIE TERMES
• In die geval dat die kliënt die lewering van dienste en/of verskaffing van goedere voor aflewering of installasie kanselleer, mag die Maatskappy ‘n kansellasiefooi oplê en die kliënt sal verantwoordelik wees vir alle koste wat deur die Maatskappy aangegaan is tot die tyd van kansellasie asook enige bykomende koste wat aangegaan is vir die afronding van die projek. Waar dit spesiale bestelde goedere is, sal die maatskappy die volle bedrag kan verhaal in die geval van kansellasie voor aflewering.